Search this site
Embedded Files
Weergalm
  • Tuis
  • AlternaTES
  • Dienste
  • Blog
    • Weergalm Indie Afskop Gids
    • 2024 Rus en Rigting
    • Kreatiewe Vryheid
    • 7 Tekens Dat Jy Goed Sing
    • Solo Of Saam Skep?
    • Musiek-skep Makliker As Ooit
    • Indie Ritme vs Realiteit
    • Waar Klank & Kennis Kruis
    • Wat wil jy hê?
    • Wie is jou noord-ster?
    • Jy is die een
    • Videos
  • Kontak
    • Afsprake
    • Kalender
    • Kontak Ons
Weergalm
  • Tuis
  • AlternaTES
  • Dienste
  • Blog
    • Weergalm Indie Afskop Gids
    • 2024 Rus en Rigting
    • Kreatiewe Vryheid
    • 7 Tekens Dat Jy Goed Sing
    • Solo Of Saam Skep?
    • Musiek-skep Makliker As Ooit
    • Indie Ritme vs Realiteit
    • Waar Klank & Kennis Kruis
    • Wat wil jy hê?
    • Wie is jou noord-ster?
    • Jy is die een
    • Videos
  • Kontak
    • Afsprake
    • Kalender
    • Kontak Ons
  • More
    • Tuis
    • AlternaTES
    • Dienste
    • Blog
      • Weergalm Indie Afskop Gids
      • 2024 Rus en Rigting
      • Kreatiewe Vryheid
      • 7 Tekens Dat Jy Goed Sing
      • Solo Of Saam Skep?
      • Musiek-skep Makliker As Ooit
      • Indie Ritme vs Realiteit
      • Waar Klank & Kennis Kruis
      • Wat wil jy hê?
      • Wie is jou noord-ster?
      • Jy is die een
      • Videos
    • Kontak
      • Afsprake
      • Kalender
      • Kontak Ons

Tuis, Dienste, Blog, Videos, Kontak, Skakelsboom

Afskopgids, Rus-en-rigting, Kreatiewe-Vryheid, Kan-jy-sing, Solo-of-saam, Makliker-as-ooit, Indie-realiteit, Klank-en-kennis

Ons wat 'n musiek-skeppings-begeerte dra het elkeen 'n verhaal wat vertel. Ons perspektief omtrent hoekom ons 'n begeerte het om musiek te skep en waar die saadjie vandaan kom. Ons was dalk blootgestel aan musiek maak, ek was, musiek speel en sommer deuntjies opmaak op die klavier het soos speel gevoel. Want dit was - ek sou nooit kon droom dat ek dit eendag sou wou doen nie. Ek het talent gehad, maar ek het nie gedink ek is die volgende begaafde wat naam sou maak nie. Maar dis nie waaroor dit gaan nie. Elke een van ons se reis met musiek, en wat ons daarmee wil bereik is "uniek". Net soos onsself, en hoe elkeen van ons musiek "ontvang" is verseker nie universeel nie, en daarom is musiek soos die meeste ander kuns. Dis 'n vryvorm van musiek, liriek, progressies en emosies. Ons probeer dit vasvang soos dit uit die realm van inspirasie kom en daarom is daar geen vaste manier om musiek te maak nie. Dis iets wat jy aanvoel en voel ook en wat jou aanraak, dis waarom ek dit wou maak. Maar DIT is nie werklik so eenvoudig as wat mens dink dit is nie. Maar ek dink nie daar is veel meer bevredigende dinge as om te kan weergee wat jy in jou binneste gehoor het. En so begin elkeen van ons se reis met musiek. Lees meer oor myne. 

"EK WOU DIT ALLES SELF KON DOEN - SOOS EK DIT HOOR EN SIEN"

Vir my het dit begin met ’n eenvoudige, maar ontembare begeerte: ek wou dit self doen. Alles. Van die idee, tot lirieke. Van die eerste noot tot die laaste visuele storielyn. Ek het nie net ’n lied in my gehoor nie. Ek het die hele wêreld daaragter gehoor. En tog, die eerste pogings was ’n ramp. Nie eers goed genoeg vir die asblik nie. Dis maklik om te sê jy het talent, dis iets anders om dit met vaardigheid en volharding te vorm in iets wat ander mense ook kan hoor. Maar ek het geweet: niemand anders kan hoor wat ek hoor nie. En daardie unieke oor, daardie visioen gee jy nie vir iemand anders om te dra nie.

Nie almal sien tussen die lyne van wat nog nie bestaan nie. Nie almal hoor tussen die geraas die vorm van iets wat nog moet wees nie. Dis ’n gawe – en ’n las. Want om self te wil doen, beteken jy is elke dag alleen met jou onsekerheid en jou absolute wil. Dit vat tyd. Dit vat trane. Dit vra van jou om op te daag wanneer daar niks is nie, en weer op te daag wanneer jou hoop in stukke lê. Jy werk totdat dit begin klink na iets. En dan hoor jy iemand fluister: “Miskien moet jy maar jou dagwerk hou.” Maar jy weet – dit’s nie onkunde nie, dis gebrek aan visie. Hulle het nie jou oor nie. Hulle dra nie jou droom nie.

Ek moes alles leer. Nie net om te voel nie, maar om te bou. Om plugins te verstaan. Om DAWs te bemeester. Om dapper genoeg te wees om weer iets te gee, selfs al weet jy dit gaan nie perfek wees nie. Maar opdaag, weer en weer. Dit maak moontlik wat vir ander onmoontlik lyk. Nie almal luister só diep nie. Nie almal wil iets saamsing wat uit rou eerlikheid gebore is nie. Maar dis waar ek skyn. Ek weet nou: my pad, vol wond en wysheid, skyn lig vir ander. Ek het elke fout gemaak sodat iemand anders met sekerder treë kan loop. Ek glo in die klank van eerlikheid. Ek glo in die herhaal van pogings totdat dit resoneer.

En toe ontdek ek nog iets: klank vra beeld. Die storie wil 'n gesig hê. Mense wil nie net luister nie – hulle wil sien. Hulle wil jou sien. Jou hande, jou oë, jou spasie. So het die leerskool van visuele storievertelling begin. Dit was intimiderend, soos enigeiets wat jy moet bemeester, maar nie onmoontlik nie. Nie vuurpylingenieurswese nie, maar eerder vuurmaak uit nat hout. Wat ek nie geweet het nie, het ek geleer. 

En toe besef ek: ek kan dit ook gee. Hierdie kapasiteit om te hoor én te sien, is kosbaar, dit is deelbaar. 

Surrogaatskap word skeppend. Ek gee alles wat ek weet, alles wat ek kan. Nie omdat ek wil spog nie maar omdat ek weet hoe dit voel om alleen te begin. My werk, of dit nou musiek of beeld is, is ’n eggo van elke droom wat te bang was om gebore te word.

"Dit het begin met 'n liedjie-inspirasie"

"Omtrent Weergalm"

Weergalm gaan oor om gehoor te word wanneer jy herlaai, om jou liedjie-babas een vir een te publiseer. Want as jou boodskap en klank-id afwesig is is jy onsigbaar. Weergalm as atteljee is ook 'n ontnugteraar, wat hoop om jou wakker te skud uit die idee iemand anders jou inspirasie-baba gaan dra, finansier of grootmaak. Daar is 'n oorlog vir aandag en die wat daar is, is die wat gehoor word.

As ek vyf rand het vir elke keer wat ek al gehoor het "as ek net ontdek word". Dan sou ek 'n baie ryk vrou gewees het. Jy is nie indie as jy wag om gered te word nie. Die hoofstoom kan mense faam bring maar hulle ei hulle pond vleis op maniere wat onkundiges eerder sal wil miskyk en misken. Hoofstoom klink baie dieselfde. Hulle plaas kreatiewe-klank in boksies wat dieselfde klink. Indie beken: Ek is te alternatief vir die hoofstoom. Maar hierdie inspirasie kinders roep om gebore te word. 


Welkom by Weergalm – ’n ateljee, ’n visie, ’n ruimte waar klank, storie en sin ontmoet. Hierdie is nie net ’n plek waar musiek vervaardig word nie. Dis waar identiteit gekodeer word in frekwensie. Dis waar die rou en die wonderlike in gelyke mate mag praat. Waar jy weer aan inspirasie kan begin klank gee.

Ek’s Tes. Indie liedjieskrywer. Boheemse vervaardiger. Klankvisioenêr. Ek weet wat dit is om met min te begin. Om ’n roepstem te hoor en nie te weet hoe om dit te antwoord nie. Maar ook hoe dit voel as daardie stem uiteindelik vind hoe om te sing. Weergalm was my antwoord – en is dalk ook joune.

"Gesels met my"

Ek’s nie hier om net vir jou iets te verkoop nie. Ek’s hier om te luister, saam te droom, en jou te help om jou storie in klank en beeld vas te vang. Kom gesels met my as jy:

  • ‘n lied het wat jy nie kan klaar kry nie;

  • musiek het wat wag om professioneel gevorm te word;

  • ’n visuele identiteit soek wat pas by jou klankidentiteit;

  • of ’n diens of produk het wat ‘n sterker, meer emosionele aanvoel benodig.

Weergalm werk op die sweet spot tussen indie en professioneel, tussen gevoel en tegniek. Jy hoef nie ’n perfekte demoversie te hê nie – net ’n opregte bedoeling. Ek bring die res tot lewe met sin, styl en siel.

"Kreatiewe Vryheid Begin By Verstaan Hoe Die Musiek Industrie en Jou Regte Werk"

Hoe weet jy jy’s indie?

Om enige bedryf te betree, is “so maklik soos die internet.” Maar dit is glad nie so eenvoudig as jy nie weet hoe nie. Selfs al het jy kennis en ondervinding, is die interaktiewe skakeling tussen "personas" – soos liriekiste, melodikiste, liedjieskrywers, sangers, instrumentaliste en produsente – wat die begeerte het om saam te werk en saam te skep, iets wat nie volop benut is nie, veral nie onder onafhanklike, opkomende skeppers, sangers en produsente nie.

Dit kan soms langer neem om jou volle potensiaal te ontdek, maar dit is net deel van die reis. Dit is die uitdaging wat heelwat mense inspireer om nuwe maniere te vind om vorentoe te beweeg. Dis nie net dat jy jou eie liedjies skryf nie. Dis dat jy hulle móét skryf. Dis nie net dat jy buite die hoofstroom staan nie. Dis dat jy weet jou stem is nie gemaak vir kitsformules nie. Jy wil jou lied laat groei soos ’n wingerdstok – stadig, grondig, in eie rigting. Dis die kunstenaars wat self voel voor hulle sing. Dié wat nie net klank soek nie, maar eggo met waarheid, tekstuur en teenwoordigheid. As jy weet jy’t iets unieks as die hoofstoom bly nee sê.

Vir wie is die Weergalm blog?

Vir indie kunstenaars. Vir mense wat weet daar’s meer aan ’n lied as net woorde en note. Vir entrepreneurs wat klank wil gebruik om meer as net aandag – maar ook aanvoeling – te wek. Hier deel ek stories agter die skerms, insigte oor vervaardiging, refleksie oor kreatiewe moed, en strategiese denke oor klank as entrepreneurskap. Jy hoef nie al die antwoorde te hê om in te stap nie. Maar jy sal ten minste weet jy’s nie alleen nie.

"Indie bou anders"

Daar is meer as 120 000 nuwe liedjies wat daagliks op Spotify vrygestel word. Dis ’n tsunami van klank. Maar dis ook ’n herinnering: as jy indie is, gaan jy anders moet bou. Jy’t nie die voordeel van korporatiewe kapitaal of massiewe promosie-agentskappe nie — maar jy’t iets kragtiger: Outentiekheid en intensie.

Jy’t nie ’n tekort nie. Jy’t ’n roepstem. Jy gee gehoor aan iets wat wil gebeur. En jy weet: elke lied wat deur jou wil kom, is nie net ’n produk nie, dis ’n inspirasie-baba. Jy’t ’n keuse: ignoreer dit, of gee dit ruimte om asem te haal, sy eerste treë te neem, en raakgesien te word. En eers dán, as dit klaar gesing het, kan jy met fokus begin dra aan die volgende een.

Om indie te wees, beteken jy werk nie vinniger nie, jy werk dieper en met 'n plan. Jy gee elke skepping sy tyd. En jy weet: as jy nie nou begin bou nie, bou niemand dit vir jou nie. Nie elke lied is bedoel vir elke oor nie maar elke lied is bedoel om sy regte oor te bereik.

Hoe jy kan help: nie net luister nie, rig die baan.

Ons is besig om ’n beweging te bou – een wat luisteraars inspan nie net as verbruikers nie, maar as aktiewe bondgenote in die groei van nuwe musiek. As jy jou voorkeurgenres met ons deel, word jy deel van ons eerste-lyn luisterspan. Jy hoor nuwelinge se vrystellings voor die wêreld dit doen. Maar meer as dit: jy word deel van hoe dié liedjies hulle regte gehoor vind.

Ons luisteraars help rig die rigting: met jou terugvoer, jou ondersteuning, jou deling, en jou netwerk raak jy ’n aktiewe speler in die ekosisteem van onafhanklike skepping. Jy help bepaal watter lied sy voete kry – en watter kunstenaar genoeg eggo kry om aan te hou skep.

Ons wil weet: watter liedere ruk jou op? Watter stemme verdien meer lig? Laat weet ons ook van ander kunstenaars wie se liedere jy sien asemhaal het – dalk is hulle volgende aan die beurt om te weergalm.

Dit beteken dat jy betrokke is by die skep van 'n momentum, wat verder gaan as net 'n "kunstenaar / entrepreneur" Jy maak die wat jou inhoud sien en hoor deel van die reis. Deel van die beeld, die hoekom, die boodskap en die visie

Dit is wat gebou word, die klank-identiteit, die oortone en ondrtone, die boodskap en die beeld. En selfs dit kan gedeel word met die wat in die landskap van jou inspirasie belangstel. Hierdie reis begin waar rou idees ontstaan en ontvou tot musiek en stories wat weerklink in harte, op lyste, en op lippe regoor die land... dalk selfs die wêreld. Jy sien dit van binne af vorm aanneem. Jy help vorm gee daaraan.

Jou insigte en betrokkenheid gee krag aan 'n ander soort groei, een wat nie pas in voorafbepaalde vorms of verouderde patrone nie. Dit vat vorm in strategiese, outentieke maniere wat kreatiwiteit, teenwoordigheid en storie agter elke klank en beeld betrek. Dink aan interaktiewe digitale vertonings. Mini-konserte waar daar nie net gespeel word nie, maar geleef, gedeel, en in gesprek getree word.

Jy is nie aan die kantlyn nie. Jy bou saam. Jy sien hoe die stukke in plek kom. Jy sien hoe iets wat aanvoel soos 'n klein klank of gedagte, weerklank kry. Jy help om die krag van klank en storie te laat uitbrei, van een na baie. En jy is daar om waar te neem, wat werk en hoe meer jou inspirasie raaksien. Jy word deel van die dryfkrag wat kuns en entrepreneurskap laat versnel. Hierdie is die begin van die momentum. En jy is nie net daar nie — jy is deel van hoekom dit werk.

Tuis, Dienste, Blog, Videos, Kontak, Skakelsboom

Afskopgids, Rus-en-rigting, Kreatiewe-Vryheid, Kan-jy-sing, Solo-of-saam, Makliker-as-ooit, Indie-realiteit, Klank-en-kennis

🌐 Website, 🌐 Skakelsboom, ▶️ YouTube, 🎬 TikTok-Tes Alternatief, 👥 Fb Tes Mayer, 👥 Fb Tes ALTERNAT!EF, 👥Fb Weergalm

FacebookFacebookFacebookTikTokYouTubeYouTube
Google Sites
Report abuse
Page details
Page updated
Google Sites
Report abuse