Die een enkele ding wat die ontsaglike harde werk en opofferings kan stol of selfs stagneer is onkunde en aannames. Hoekom, omdat 'n wanpersepsie van wat jou intellektuele aandeel werd is baie meer weeg as die vraag: “Hoe skryf ek ’n goeie lied?” Dis ’n goeie vraag… maar dalk nie die eerste vraag wat jy moet vra nie.
Die belangrikste vraag is: 👉 Het jy die kreatiewe vryheid om te skep wat werklik in jou leef?
Want wat help tegniek, struktuur en kennis van rym en ritme as jy nie eers weet wie jy is nie? As jy nie seker is wat jy mag skep, besit of deel nie? Hierdie blog is vir jou as jy meer wil wees as net ’n liedjieskrywer — jy wil ’n liedjieskrywer-musiek-skepper wees: iemand wat met kennis, vryheid en visie skep.
Kreatiewe vryheid is die ruimte waarin jou stem nie net bestaan nie, maar floreer. Dis nie net die reg om ’n lied te skryf nie — dis die wete dat jy: Mag skryf, Mag besit, Mag deel en Mag verdien. En 'n grondige kennis van hoe dit werk en hoe ander se bydraes soms fisies meer werd is omdat hulle 'n baie groter tyd en vaardigheids belegging of skenking doen as jy, waarvoor hulle tog vergoeding sou wou kry wat gelyke voordeel bring, selfs al is dit nie geld nie.
Behalwe daarvoor, moet jy ook verstaan wat dit is wat jy wil skep, hoe dit klink, watse instumente en instrumentaliste in jou "selfs-nog-net-fiktiewe" begeleidingspan speel.
Daar is meer betrokke daaraan as om net vir iemand te kan vertel dat jy 'n liedjie geskryf het. Jy moet dit deurdink. Jou visie deursigtig neersit want daarmee kan jy die regte kollaborateurs aatrek. Daarsonder is jy net 'n rigtinglose bootjie op 'n oseaan van moontlikhede. Wat net in jou eie gedagtes bestaan. Dis so belangrig om jou skeppings-behofte te verstaan. Watse soort kunstenaars jy is. Wat van kunstenaar wees jou opwonde maak en waarvan jy wegskam. Dit is alles deel van kreatiewe vryheid oopsluit. En dan kan jy jou posisie verduidelik, verdedig en vennote aantrek wat moontlik jou visie deel. Dit begin hier:
Elke kunstenaar begin op ’n plek van hunkering. ’n Onverklaarbare drang om iets te skep wat nog nie bestaan nie. Maar jy moet jouself afvra:
Wie is jy is as liedjieskrywer of skepper of sanger?
Waaroor wil jy skryf / sing / produseer?
Hoe sou jou orkes geklink het as jy een bymekaar kon sit?
Watse musikante sou in jou orkes gespeel het?
Watse instrumente is vir my mooi en sou ek wou laat fokus in my unieke klank?
Wat onderskei jou van ander in die mark?
Wat onderskei jou klank van ander in die mark?
Hoe is jy as kunstenaar anders as ander kunstenaars?
Wat van liedjieskryf en musiek-skep kan jy reeds doen?
Wat sou jy graag wou leer?
Wat moet jy leer om jou kreatiewe vryheid te gee?
Hoe vaardige sanger en musiek skepper is jy?
Hoeveel spasie het jy oop vir ontwikkeling?
Wil jy onafhanklik werk of sou jy soms wou kollaboreer?
Wil jy die liedjies self sing, verkoop of as kollaborasies aanbied en op tantieme aandele werk?
Watter vorm neem jou inspirasie aan — liriek en klank?
As jy weet wat jou binne aanspoor, kan jy begin om die regte kanale te skep om dit buite te deel.
Is jy ’n storieverteller? ’n Eksperimentele klankargitek? ’n Woordsmid met ’n boodskap? Jou styl, jou stem, jou proses — dis alles deel van jou identiteit as skepper.
Wanneer jy weet wie jy is, kan jy makliker:
Projekte kies wat by jou pas
“Nee” sê vir dit wat jou stem stilmaak
Jou werk bemark sonder om jou siel te verkoop
Wanneer 'n mens gaan meewerk saam met ander in die konsepsie , komponie, skepping, produksie en publisering van 'n liedjie of musikale stuk gaan jy letterlik saam "ouerskap / eienaarskap" neem vir skepping, kostes en promovering. Daarom is dit baie belangrik om die persona/s waarmee jy gaan saam werk te leer ken, en jouself as persoon, persona en kunstenaar ontwikkel het tot 'n punt waar dit bydrae tot jou "publieke persona" wat letterlik 'n besigheid op bene raak. Dit is nie 'n ligtelike saak nie.
So liedjieskryf is die maklikste van die taak op hande. En daar is menigte maniere om liedjies te skryf. Ek het 10+ jaar ondervinding in (musiek-skryf-en-skepping) in die onafhanklike musiek bedryf en soos alle ander industriee kan dit ongenaakbaar wees.
Waar is die beste plek om te begin?
Verstaan wie jy is as liedjieskrywer of skepper of sanger.
Weet of jy onafhanklik wil funksioneer of 'n kontrak probeer losslaan.
Leer soveel as moontlik van die binnewerking van die musiek industrie sodat jy nie ontnugter word en voel dat jy nie werklik in pas nie.
Verstaan die produserings kant van dinge en hoe kostes gegenereer word. Dit sal veroorsaak dat jy objektief staan en kansvatters kan uitken.
Verstaan hoe die bedryf op die oomblik werk en hoe jy dit makliker tot jou eie voordeel kan gebruik.
Weet wat is jou regte, magte, voorregte, pligte en eieneaarsregte. As jy weet hoe die speke en wiele in die binnekant werk, gee dit jou baie meer kreatiewe skeppende vryheid, omdat jy jouself nie hoef te bekommer oor die beskerming van jou intellektuele en eienaarsregte nie.
Baie onafhanklike skeppers gee onbewustelik hul regte weg. Sonder kontrakte, sonder beskerming, sonder insig.
Wette rondom intellektuele eiendom is daar om jou te beskerm — maar net as jy hulle gebruik. Jy moet weet:
Wie besit die lied?
Wie het bygedra tot die lied?
Wie het reg op betaling as dit gespeel, verkoop of gelisensieer word?
As jy nie weet nie, vra. Soek hulp. Moet nooit aanneem nie.
Skrywer(s): Iemand met ’n idee, teks of gedig wat dalk nog nie liriek-formaat aanneem nie.
Lirikus/te: Skryf of omskryf teks in liriek-formaat met ritme en klank in gedagte.
Komponis(te): Verantwoordelik vir die melodie, harmonie en uiteindelike bladmusiek.
Demo-Instrumentalis(te): Skep die klankbaan vir ’n demo of finale produksie.
Demo-Sangers: Persoon of persone wat die melodie sing en demonstreer.
Die sanger/s: Die opnemende kunstenaar en agtergrond-sanger/s wie se stemme opgeneem, verwerk en in die uiteindelike meester-opname gaan wees.
Meester-Instrumentalis/te: Iemand wat die visie van die demo neem. die visie van die sanger of persoon wat die projek inisieer se "klank idee - wat insluit genre, spoed, gevoel, instrumente, unieke styl van die opnemende kunstenaar" en instrumentale dele ontwikkel. Wat dan na die na die rangskikker gaan.
Ranskikker/s: Die rangskikker neem die instrumetale gedeeltes en rangskik dit sodat dit meer gebalanseerd is en maak dit beskikbaar in wav vorm vir die opname inginieur om die opname te doen.
Opname Inginieur/s: Die persoon wat kundig en vaardig is, 'n ruimte beskikbaar het wat klank-behandel is sodat stem opnames professioneel kan klink. Die persoon kan ook riglyne en rigting bied vir sangers wat vir die eerste keer opneem.
Stem verwerker/s: 'n Persoon of persone wat met spesiale programme en ondervinding die stemopnames optimaliseer met tyd-aanpassings, volume-aanpassings en noot-akuraatheid aanpassings om stem opnames gereed te maak vir die meng-inginieur.
Ranskikker/s: Die rangskikker neem die instrumetale gedeeltes en die stem-opnames en her-rangskik dit sodat om die finale prosessering vir die meng inginieur reg te kry.
Meng Inginieur/s: Neem die al die stem opnames en instrumetale gedeeltes, balanseer dit en voeg estetiese korreksies en effekte volgens die doelwitte wat gestel is soos die opnemende kunstenaar dit uitgeduk het.
Meester Inginieur: Neem die finale mengsel en optimaliseer dit vir publikasie sodat dit mededingend is in estetika en volume wanneer dit op stromingsplatvorms gespeel word.
Registrateur: Maak seker dat al die betrokke partye se aandeel in die ooreenkoms so geregistreer word met elkeen se IPI nommers asook die ISCR nommer waaraan die liedjie uitgeken sal word wanneer dit gestroom word.
Publiseerder: 'n Persoon wat die lied publiseer by 'n aanlyn-verspreider sodat die musiek op die stromings-platvorms beskikbaar is en wettig gebruik kan word.
’n Lied is soos ’n koek — en elke bydraer kry ’n sny. Maar wie besluit hoe groot elke sny is?
As jy bydra tot lirieke, melodie, produksie, of selfs idees, het jy reg op ’n deel van die aandele. Dit word gewoonlik vasgelê in iets wat splits genoem word:
50/50 tussen melodie en lirieke se medewerkers
Gelyk of onderhandel volgens bydrae
Moet altyd op skrif wees voor daar geld of publikasie betrokke is
Dis nie gierig om jou deel te eis nie — dis regverdig.
Baie onafhanklike skeppers gee onbewustelik hul regte weg. Sonder kontrakte, sonder beskerming, sonder insig.
Wette rondom intellektuele eiendom is daar om jou te beskerm — maar net as jy hulle gebruik. Jy moet weet:
Wie besit die lied?
Wie het bygedra tot die lied?
Wie het reg op betaling as dit gespeel, verkoop of gelisensieer word?
As jy nie weet nie, vra. Soek hulp. Moet nooit aanneem nie.
Aan die kant van die komposisie is daar komponiste en skrywers asook enige ander persoon wat deel aan die intellektuele besit met onderhandeling. Al hierdie persone besit die opvoering en publikasieregte (SAMRO) asook die meganiese reproduksiereg (CAPASSO)
Aan die produksie kant word die meesters van die musiek en die opname meester gelewer, en die span besit die "needletime rights (SAMPRA)" van die musiek wat wav en mp3 vorm aanneem.
Platemaatskappye en individue wat musiek produseer registreer by RISA om die reg te ontvang per skrif om ISCR nommers toe te kan ken aan meesters waaraan musiek se spele getel word.
Selfs die mooiste lied is onsigbaar in die musiekwêreld as jy dit nie registreer nie. Dis hoe jy:
Bewys dis jou werk
Verseker jy kry betaling vir gebruik
Word opgespoor as dit gespeel word op radio, TV of aanlyn
As jy aan die komposisie kant van 'n liedjie regte het registreer by:
SAMRO (Suid-Afrika): vir opvoeringsregte en publiserings
CAPASSO (Suid-Afrika): vir meganiese regte
As jy aan die produksie kant van 'n liedjie regte het of 'n platemaatskappy is registreer by:
SAMPRA (Suid-Afrika): vir opname-meesters (van 'n platemaatskappy en produsente) se speeltyd regte.
RiSA vir registrasie van platemaatskappye en produsente vir die nommers waaraan mp3 en wav musiek se gevolg kan word vir tantiem berekenings.
As jy nie seker is waar om te begin nie, moenie moed verloor nie — vra hulp. Daar’s mense (soos ek 😄) wat jou stap vir stap kan help.
Sodra jy gewapen is met kennis, kan jy begin skep vry en met selfvertroue.
Of jy nou lirieke skryf, klanke produseer, of ’n lied van vooraf bou — jy weet jy doen dit:
Met kreatiewe vryheid
Met jou regte beskerm
En met die potensiaal om daarvan te leef
Wil jy weet hoe om hierdie beginsels in jou eie musiekloopbaan toe te pas? Sluit aan by Weergalm se NETWEB. Dis meer as ’n netwerk — dis ’n beweging van musikante wat saam leer, saam groei, saam weergalm!
🎶 Jou lied begin by vryheid. En vryheid begin hier. Sluit by ons inisiatief aan.
Ons glo in musiek wat saamsing, saamskep en saamgroei. Word deel van ’n beweging wat kreatiwiteit en samewerking vier – op die onafhanklike pad, saam. Ons klim saam die onafhanklike leer – een samewerking op ’n slag. Kom bou musiek saam met ander wat glo in kwaliteit, kreatiwiteit en gemeenskap. Gee vir ons jou terugvoer.
Tes Mayer is die stem agter AlternaTES – kunstenaar, liedjieskrywer en visuele storieverteller. Sy gebruik klank, simboliek en strategie om onafhanklike skeppers te help skep met rigting en betekenis.
📲 Volg haar op:
🌐 Website: https://www.weergalm.org.za/tuis
🌐 Linktree: https://www.weergalm.org.za/skakels
▶️ YouTube: https://www.youtube.com/@TesALTERNATiEF
🎬 TikTok: www.tiktok.com/@tesalternatief_
👥 Facebook: Tes Mayer
👥 Facebook: AlternaTES